loader image
The jvrswedding 7 e1690715348137.png

Saterdag November,
25, 2023

WINERY ROAD FOREST STELLENBOSCH

Ons kan nie wag om ons spesiale dag met jou te deel nie.

ons troudag
5A2FC41C 5C7E 4AE3 931F F58BCF4697D6 1 105 c e1690640588541.jpeg

Saturday November,
25, 2023

South Africa

  • 00Dae
  • 00Ure

WINERY ROAD FOREST STELLENBOSCH

drankies

Kontant kroeg.

geskenke

Julle teenwoordigheid by ons spesiale dag is klaar die grooste geskenk vir ons! Indien jy met n geskenk wil feesvier, sal ‘n bydrae vir die “Mnr. & Mev. Janse van Rensburg in Australië” fonds hartlik waardeer word.

Bank: ABSA
Rek no: 9323278408
Tak: 632005

RSVP

Ons kan nie wag om ons spesiale dag met jou te deel nie.

8735784D B1A9 4033 8C05 95D134642E8D 1 102 o e1690641079715.jpeg
3679CB1E 2CFA 44C6 8095 46777E1BCDAF 1 105 c e1690707111162.jpeg
0BCF3FCD 340B 4BAB 9EB8 47DC8B50F822 1 105 c e1690706777437.jpeg

Lokaal

Winery Road Forest

GPS | Forest, Winery Rd, Firgrove, Stellenbosch, 7110 OR Vredenburg farm, Winery Road, Firgrove, Stellenbosch, 7110.

KONTAK OP DIE DAG | Margo – 072 390 0884

lokaal

Tydlyn

14:30 |  Gaste arriveer
15:00 | Seremonie begin
15:30 | Konfetti
15:45 | Voordrankies begin
17:15 | Gaste word na die onthaal geneem

tydlyn

Drankies

Kontant kroeg

drankies

Akkommodasie

Majeka House Spa & Hotel

res@majekahouse.co.za
082 606 7495
LEARN MORE

Klein Welmoed Luxury cottages & B&B

info@kleinwelmoed.co.za
0820469999
LEARN MORE

Vredenburg Manor B&B

info@vredenburgmanor.co.za
021 8423264
LEARN MORE

Acara Self Catering Cottage

info@acara.co.za
0849585073
LEARN MORE

Country Guesthouse

info@thecountryguesthouse.co.za
0712496668
LEARN MORE

Winelands Villa Guesthouse & Cottages

somerset@winelands-villa.co.za
082 268 8267
LEARN MORE

akkommodasie
The jvrs kleredrag.jpeg

Kleredrag

Haal daai mooi nommertjie daar diep in jou kas uit, want ons troue se dress code is semi- formeel. Ons onthaal is buite – Dames bring maar iets warms of maak seker jou ander helfte se blazer word joune wanneer die son sak. As die hakke nie tot laat gaan hou nie, bring jou dans tekkies of gooi hom kaalvoet.

kleredrag

2011

Original D1A9E6BD D343 45A3 BDE0 D57719D4C7E9.jpeg.jpeg

Graad 6

Eerste liefde is vir altyd. Dis wat die gesegte se. En Sheldon en An-Yone is die mooiste voorbeeld daarvan. “Ek hou van jou, van Spokie” is hoe die liefdes verhaal begin het. In graad 6, beide net 12 jaar oud, was die twee in dieselfde klas. An-Yone het Valentyns dag benut deur vir Sheldon ‘n briefie te stuur. Die privaat briefie aan Sheldon was deur mnr Peters onderskep en voor gelees aan die hele klas. Sy kon nie haar rooi gesig enige plek weg steek nie, en tot vandag toe, spot Sheldon haar, as sy spokie. Dit was net die begin…

2013/2014

Original 08619EE7 FA98 4657 9DCD EB03337084F5.jpeg e1690642848946.jpeg

Graad 8 & 9

Die begin van Hoërskool het gemaak dat die twee, veskillende rigtings in beweeg, deur na verskillende skole te gaan. Dus was die geleenthede om mekaar te sien, beperk tot kuiers by vriende, hier en daar ‘n braai en verjaarsdae. Omring deur al hulle vriende, was dit asof hulle alleen was – net oë vir mekaar. Grappies was daar baie, maar dit was die aande se ompraat wat diep spore gelos het…

2015/2016

Original 1431E02A FE82 4B59 9E3B 9CBF6CF7D07F 1.jpeg 1.jpeg

Graad 10 & 11

In graad 10 (standard 8 vir die voriges geslag) stap Sheldon weereens binne An-Yone se lewe in deur die nuwe kind in die klas te word! In dieselfde skool en in dieselfde klas het gemaak dat die vriendskap weer blom. Die twee van hulle het mekaar konstant geterg, mekaar in die moeilikheid gekry in Engels klas, nie te min die twee was feitlik nooit in die klas nie, maar in die gang; As julle ooit gewonder het hoekom ons engels so sleg is, nou weet julle.

2017

IMG 9093 e1690642575398.jpg

Graad 12

Dit het vir Sheldon 6 jaar gevat om genoeg moed bymekaar te skraap om vir An-Yone op ‘n date te vra. Wat is meer as romanties, as Somerset Wes se official uit kyk punt om die sons-ondergang te kyk. Gelukkig het dit nie ook 6 jaar gevat vir Sheldon om te vra vir ‘n soentjie nie. Die son het skaars gesak toe hy sy kans wou waarneem. An-Yone spot en se, nee wat, hy moet eers meer “robot liggies” tel as wat sy het. Hy tel nog liggies, toe gee sy in, want 6 jaar is ‘n lang tyd… Met die eerste soen agter die rug, is die tweede een net daar gestop, deur Sheldon se ouers wat daar opdaag. Ons weet nou nog nie of hulle dit so beplan het nie, of dieselfde idees as Sheldon gehad het nie, maar hulle het daardie aand, min wetend hulle skoon dogter ontmoet. Eerste date, eerste soen EN skoon ouers ontmoet – Done!

2018-2021

6171D6C5 BAC5 4CAB A127 B813B195D626 1 scaled e1690642534954.jpg

An-yone is amptelik Sheldon se meisie. Vir die volgende 3 jaar het die twee erge skaaf werk gehad. Dit was heen en weer, wit en swart, koud en warm, op en af, maar deur alles was die band tussen hulle sterk genoeg om sterker aan die ander kant uit te kom. Hulle het geleer om konflik te hanteer, mekaar te vertou, te ondersteun en die belangrikste van alles , hoe om stil te word voor God, en na Sy wil te luister. Dit is Hoekom ons almal hier is vandag…

2022

IMG 9734 e1690642446834.jpg

2022 was die begin van ‘n moeilike tyd vir Sheldon en An-Yone. Sheldon trek Australia toe vir sy studies, en An-Yone bly agter vir haar studies. Lang afstand is moeilik, die verlange is erg, die tydsone is erg, die alleen wees is erg. Om elk aand, goeie more te se, en elke oggend, goeie nag, was die nuwe norm. Die verhouding groei deur gesprek en gebed alleen. Elke gesprek is spesiaal, elke boodskap kosbaar, en die afstand tussen die twee word met toekoms planne al hoe nader…

2023

IMG 7722 scaled e1690642497884.jpeg

Sheldon vang graad! Wow wat ‘n ongelooflike trotse oomblik. Dit was moeilik vir hom alleen in ‘n vreemde land. Daarom was die plan om ‘n goeie werk te kry, en dan vir An-Yone te vra om te trou, sy belangrikste prioriteit. Selfs al was hy laat vir sy werks onderhoud en het hy die helfte van die tyd met hulle gepraat oor hoe hy vir An-Yoné gaan vra om te trou, was die werk syne! An-Yoné het in Maart vir Sheldon gaan kuier in Australia, min het sy geweet dat sy haar eie verloof ring saam met haar vat. Sheldon het alles gereel, en sy het van niks geweet nie.

Hy het haar gevat na Noosa. Daar het hulle die pragtige Broadwalk gestap al langs die see af. Die ring het gebrand in sy sak en hy kon nie wag nie. Die sagte reen wat geval het, het gemaak dat daar geen mens is sig van die strand was nie. Besig om by die trappies af te stap, begin dit harder reen. Hand aan hand hardloop toe in n grot in. Hulle was in verwondering oor die hoe mooi dit is en die feit dat hulle bymekaar is.

Sheldon begin toe vir An-Yoné vertel hoe lief hy haar het, hoe die Here met hom n pad gestap het en die groot rol wat An-Yoné in dit gespeel het. Dit begin toe nog harder reen en Sheldon staan toe op een knieg voor An-Yoné en se vir haar; “Annie jy moet opstaan” en net daarna; “Annie sal jy vir altyd lewe saam my doen, sal jy my die gelukkigste man op aarde maak en my vrou wees?” Nadat An-Yoné natuurlik ja se, toe trek dit oop, die wolke maak n ronde sirkel in die lug waardeur die son ongelooflik helder skyn. What ‘n blessing en confirmation van God!

854BF23D 62BC 44A0 B080 245F273272AA 1 105 c 1.jpeg
ons
Thejvrswedding monogram
error: CONTENT IS PROTECTED
Scroll to Top